Woensdag 20 Julie begin met 'n bietjie meer entoesiasme as Dinsdag. Aurona het darem bietjie meer geslaap en ons beplanning is beter deurdat ons vroeer begin stap na die klooster toe. Ons is absoluut op ons geheue aangewese en met die uitsondering van een plek waar ons bietjie verward is, kry ons darem die pad gevind.
Die lesings is weer interessant met die fokus op die gebruik van PSL en die identifisering van die aktiwiteite in 'n scenario. Middagete is vandag weer bietjie langer. 'n Duitse student wat nou in Nederland studeer, Oliver, was aan ons tafel. Gelukkig moet hy ook Sondag lughawe toe gaan wat beteken ons kan saamry en die horribale 35 Euro deel vir die taxi rit. Ons ander lid aan tafel, Ben se vrou en 1 jarige seuntjie is ook hier uit USA. Ons kon natuurlik heerlik kinderstories uitruil sonder dat hy verveeld is – mense stel natuurlik eers belang in jou kinders as hulle ook kinders het.
Laatmiddag neem ons die kar terug lughawe toe = arme Aurona se senuwees is klaar .. ek dink die regterkant van die pad ryery is te veel vir haar senuwees .. of dit .. of sy is te ordentlik om te se ek is eintlik 'n vrot bestuurder J Die rede is dat ons gedink het ons gaan die kar baie meer nodig he maar met die dat ons kan stap klooster toe is dit nie nodig nie. Ons ry terug met die shuttle tot by die stasie en kry sommer Aurona se kaartjie na Bulzano toe vir Maandag.
Na ete stap ons af tot by die rivier waar Ponte Vecchio die rivier kruis. Ongelukkig is dit nou al redelik laat en alhoewel ons 'n paar foto's kan neem is daar bitter min winkels oop behalwe hier en daar 'n desperate leerwinkeltjie.
Ons stap tot by die stasie waar ons desperaat na bus 7 soek .. helaas – ons moet terug stap tot by St Marco om ons bus te kry. So gedoen is ons weereens bietjie verward net om die bus se agterligte te sien verdwyn om die hoek .. ons sien nie kans vir nog 30 minute wag vir die volgende bus nie en besluit maar om die 20 Euro te deel vir 'n taxi om net by die hotel te kom en te kan slaap ..

No comments:
Post a Comment