Wat 'n woesste week - ons het die finale 'touches' op 'n proposal gedoen en toe is ek Donderdagoggend Durban toe vir 2 dae waar Arina hulle aan die Trompoppies finale deelgeneem het ..
Die weer was fantasties en die meisies het ongelooflik goed geloop .. hulle het op die ou einde eerste gekom met Nationals Indoors .. daar is 5 items waarvan hulle 3 gewen het, 1 gelyk op en 1 'n tweede plek. Nou moet hulle net die outdoors vandag wen dan is hulle verseker van 'n wen .. ek dink hulle gaan vir sewe dae en sewe nagte nie kan slaap, eet of enige iets doen indien dit die geval is nie.
Maar hierdie blog gaan oor my reis na Italiee - en nie oor 'n Arina se trompoppies nie, so ek het toe gisteraand terug gevlieg en vanoggend eers my goed begin regkry vir Italiee .. het vanoggend nog hare gaan sny en rond gehardloop met die laaste paar goed wat ek moes kry vir die huis terwyl ek weg is .. Derick se neef en niggie se 50'e verjaarsdagpartytjie is vanaand so ek moes daarvoor gesekenke kry, Bennie se hare tussen in sny en nog pak ..
Nou is ek uiteindelik op die lughawe en wag ek in die besigheids'lounge' vir my vlug .. ek kan nie wag om op die vliegtuig te klim en die eerste wyntjie te drink nie :)
No comments:
Post a Comment