Wednesday, July 20, 2011

Sondag 24 Julie 2011 : Florence en terugreis

Ons staan 6 uur Sondag op .. ja 6 am .. daar is geen ontbyt so vroeg in die dag beskikbaar nie en ek en Aurona is ontbytloos die strate in om die bus net na 7 te kry na Firenze. Ons kaartjies is geboek om die Uffizi galery te besoek wat die wereld se bekenste versameling van Renaissance kunswerke bevat. Die rede dat ons geboek het was juis omdat dit so bekend en besig is en mens in lewenslange toue staan as jy wil wag vir ‘n geleentheid om in te gaan.
Die gallery is naby die bekende Piazza della Signoria en ons is so ‘n paar minute vroeg. Ons besluit om ‘n koffie te drink op die Piazza maar o aarde .. dit kos ‘n fortuin. Ons nuttig twee super klein cappuccino’s teen R55 een .. sug .. dit is darem net onredelik duur ..
Ons gaan die gallery ongeveer 8:30 binne. Die werke in hierdie gallery sluit in kuns deur Michelangelo, Giotto, Botticelli, Leonardo da Vinci, Perugino, and Raphael. Die meesterwerke het aan die Medice familie behoort wat die gebou in die middel van die 16’e eeu laat bou het. Daar is verskeie wonderlike werke maar vir my was “The Birth of Venus” deur Sandro Botticelli sekerlik een van die wat my sal bybly – die manier wat hy ‘lente’ voorgestel het in die werk en een van sy ander werke is vir my besonders en uniek vir die tye waarin hy geskilder het.
Na die gallery gaan soek ons die werke van Michaelangelo wat hy vir die Medici familie gedoen het - ons besoek die Medici paleis maar alhoewel daar besonderse werke is stap ons net vinnig deur aangesien ons die tombs soek .. na 'n gesukkel kry ons uiteindelik die plek wat ongelukkig toe is op sondae :(
Aurona se hart is gebreek en ons moet dadelik intense retail therapy toepas voordat ons vinnig 'n middagete deurwerk om terug te gaan hotel toe vir my om huis toe te kom.
Ek kan stort en gereed maak in Aurona se kamer .. my vlug is eers 5 uur maar ek het 'n taxi geleentheid saam met een van die studente wat die week bygewoon het .. ons is ongeveer 3 uur op die lughawe .. die lang terugtog begin en 10pm is ek op die vlug terug SA toe waar ons Maandag 25 Julie so 8:15 land .. bly om veilig terug te wees by die huis..

No comments:

Post a Comment