Die kursus word gehou in 'n ou klooster, die Fattoria Di Maiano wat in die 15'e eeu gebou is. Dit is geleee tussen Fiesole en Florence (of Firenze soos hulle hier se) met die mooiste uitsig oor die valleie van Florence. Dit is ongeveer 300 hektaar wat gebruik word vir olyfbome. Daar is ook 'n meule waar die olywe gepress word wat tydens November en Desember geoes word. Hulle hoofproduk is Luedemio, wat 'n 'extra virgin oil' is en mens ook daar kan koop.
Daar is 36 mense op die kursus (as mens nou die instrukteurs ook tel) en dit is die mees aangenaamste mense onder die son. Baie is filosowe wat die gesprekke natuurlik vreeslik interessant maak - ek was baie trots op myself dat ek dag 1 kon volg en nie verswelg is deur 'n massa squibbles nie.
Middagete is 'n event wat vir twee ure uitgerek is en waar daar die geleentheid gegun is om interessante mense te ontmoet. Ons metgeselle om die tafel was Ben Lowry van Colorado en Stacy Doore van Maine. Beide was baie aangenaam en ons het interessante brokkies inligting uitgedeel oor hoe die wereld mense sien - blykbaar kan mens in Amerika 'kits' koop wat jou verdoesel dat jy van Kanada af kom omdat Amerikaners wereldwyd 'gehaat' word deur mense ... mmm ...
Laatmiddag (ongeveer 5:30) is ons terug hotel toe .. op aanbeveling eet ons die aand Bistecca Fiorentino (wat eintlik net T-Bone is). Dit word in 50gramme verkoop (kleinste is 800gram) en ek en Aurona deel die porsie. Dit was werklik baie lekker en ek dink veral sy het dit geniet wat nou al vir 10 dae hier in die land van stysel rond beweeg.
Ons is nie te laat bed toe nie, seker net na 10 - ek dink die baie vars berglug maak ons maar vroeg moeg ..
No comments:
Post a Comment