In Fiesole kry ons na 'n bietjie gesukkel en baie hulp van die GPS die hotteltjie waar ons moet tuisgaan. Die klein straatjies is 'n uiterste uitdaging maar gelukkig parkeer die hotelontvangs man my kar in die klein gaatjie by die hotel wat hulle parkering noem.
Ons stort gou en vier uur se kant gaan ons dorpie toe vir versnapperinge en wyn - die res van die groep kom egter eers ongeveer 7 uur waar ons getrakteer word op tipiese Italiaanse broodjies en allerhande snacks (en bietjie sjampanje ..). Die dorpie is bo teen die berg met die mooiste valleie aan beide kante ..
Die eerste aan met so 'n kuier tussen 'n klomp vreemdes is altyd so bietjie vreemd - ons ontmoet egter twee student wat van Iran af kom. Ali Rahnama en Leila Hashemi Beni. Leila studeer nou in Kanada. Ons kla altyd oor visums, maar Ali vertel my dat die proses om 'n visum te kry vir hulle tot 2.5 maande kan neem .. hy noem dat dit sleg is vir hulle om te reis want almal dink altyd hulle is terroriste - waarop ek natuurlik hom vra of hy 'n terroris is - ons het lekker gelag :) Seker maar soos almal aanneem jy is 'n rassis as jy van SA af kom.
Moeg maar tevrede keer ons terug hotel toe om vroeg in te kruip ..
No comments:
Post a Comment