Ons het Donderdagoggend weer die scenic route geneem en hierdie keer probeer om bietjie vinniger te stap .. ons het minder gestop en dit toe reggekry om binne 30 minute die 2.5km af te le. As die pad nie soveel bulte en draaie gehad het nie sou mens dit sekerlik makliker in 'n korter tyd gemaak het.
Die dag was uitputtend .. ons het net gewerk en gewerk .. die groepwerk was so erg want die groep is ongelooflik jonk en dit het 'n klomp ego's en minder ondervinding by die groep gevoeg.
Ek en Aurona neem die bus 5 uur terug met die voorneme om Florence te besoek .. maar aangekom in Fiesole is ons so moeg ons koop toe sommer aandete in die supermark met die plan om vroeg tot stilstand te kom. Ons sit in die agterplaas van die hotel en verkeer net rustig .. ongeveer 9 uur keer ons kamers toe .. helaas - laat in die nag bel Nicola die Italianer my wakker om te vra waar is die Amarula wat die Suid-Afrikaners gebring het .. ai tog .. daar moet ek toe opstaan en onder social pressure eers 'n glasie saam die klomp studente gaan drink .. ek is egter persistent en kuier nie te laat nie - mens moet darem einde laas volgens jou ouderdom optree ...
No comments:
Post a Comment