Was so bevoorreg om besigheidsklas te vlieg – die vlug was tjok en blok vol en daar was nie spasie vir ‘n muis nie. Ek het ‘n heerlike aandete deurgewerk met die lekkerste Kerrie en coconut sop, gevolg deur fillet en toe kaasbeskuitjies .. watter dieet? Nee maggies mens kan darem nou werklik nie jouself te veel gedra nie.
My reisgenoot langs my was die Suid-Afrikaanse ambassadeur vir een van die Europeuse state (Dr XZX (vir privaatredes kan ek seker nie sy naam post nie)). .. sy foon wou nie werk nie en ek het soos die ridderin op die wit perd aangebied dat hy gou sy vrou met my foon kan bel .. dit het die ys gebreek en ons het darem nie soos twee vreemdes gevlieg nie.
Toe ek vanoggend land in Munich kry ek toe die wonderlike nuus dat die Waterkloof trompoppies Nationals gewen het .. ai my hart is so bly - hierdie meisies het hulle hart uitgeoefen .. hulle koppe was reg ..
Dit is seker die eerste keer jare dat Waterkloof wen - vermoed dit het laas in 2002 gebeur .. sal moet navors.
Maar hulle verdien dit .. as ek Arina so in die koue aflaai en sy oefen met 'n glimlag dan weet ek dit is dedication ...en hierdie keer is dit dedication wat betaal het ..

Nou sit ek op die lughawe en verstom my aan die Duitsers wat al 8 uur in die oggend bier drink .. maar Knut het my verseker ek moet nie geskok wees nie .. hulle sien dit as 'n ete .. mmm .. Aurona behoort binnekort hier aan te sluit .. ons vlieg saam Florence toe. Sy kom van Spanje af ..
No comments:
Post a Comment